Gaan na inhoud
Wikipedia

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Sondag, 12 Oktober 2025
Hier is tans 126 595 artikels in Afrikaans.

Voorbladartikel

Windhoek (Duits: Windhuk, luister (hulp·inligting); Engels: Windhoek, [wɪndhʊk]; Herero: Otjomuise, letterlik: "plek van stoom"; Nama: ǀAi-ǁGams) is die sentraalgeleë hoofstad van Namibië en lê in die Khomashoogland. Die stad is ongeveer 1 655 m bo seespieël. Dit beslaan 'n oppervlakte van 5 124 km2 en volgens die 2023-sensus het dit 'n bevolking van 486 169 gehad.

Die stad het ontstaan by die plek van 'n permanente warmwaterbron wat bekend was aan die plaaslike herderstamme. Dit het spoedig ontwikkel nadat Jonker Afrikaner, kaptein van die Oorlam, hom daar gevestig en 'n steenkerk vir sy gemeenskap opgerig het. In die daaropvolgende dekades het talle oorloë en gewapende vyandelikhede gelei tot die verwaarlosing en vernietiging van die nuwe nedersetting. In 1890 is Windhoek herstig deur die Keiserlike Duitse leër-majoor Curt von François, toe die gebied deur die Duitse Keiserryk gekoloniseer is en dit die hoofstad van Duits-Suidwes-Afrika geword het. Tussen 1920 en 1990 was die stad die administratiewe sentrum van Suidwes-Afrika in die Unie van Suid-Afrika en is sedert die onafhanklikheidwording van Namibië op 21 Maart 1990 die hoofstad.

Die stad is geleë in die Windhoek-bekken, naby die land se geografiese middelpunt, omsluit deur die Erosberge in die ooste, die Auasberge in die suide en die Khomashoogland in die weste en noorde. Met sowat 20% van die Namibiese totale bevolking is Windhoek verreweg die belangrikste ekonomiese sentrum van die land en ook die sentrale knooppunt in die Namibiese vervoerstelsel. Byna al die Namibiese of in Namibië aktiewe maatskappye het hul hoofkantoor in Windhoek, wat ook 'n voortgesette immigrasie uit ander dele van die land tot gevolg het en op sy beurt Windhoek se sentrale posisie verder onderstreep. Vandag is Windhoek 'n moderne stad wat Duitse en Afrika-invloede meng.

...lees verder

In die nuus
Die nasionale vlag van Palestina
Die nasionale vlag van Palestina

Het u geweet...

... dat die laaste moedertaalspreker van Kornies in 1780 gesterf het? Kornies is, soos Wallies en Bretons, 'n Keltiese taal van die Britonse groep. Dit is in Cornwall gepraat en pogings is in 1904 vir die eerste keer aangewend om die taal te laat herleef.

... dat daar ridders was wat terselfdertyd ook monnike was? Die Orde van die Tempeliers was so 'n ridderorde.

... dat Montreal in Kanada die tweede grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec en die tweede grootste in Kanada.

... dat die plant Welwitschia mirabilis , wat tot 600 jaar oud kan word, slegs twee blare het? Die blare skeur die hele tyd tydens die plant se lewe en laat dit lyk asof hy baie blare het.

... dat Ayrton Senna die oggend op die dag van sy dood 'n vergadering van renjaers bygewoon het om veiligheid in Formule Een te bespreek?

Vandag in die geskiedenis

12 Oktober : Nasionale Dag in Spanje (1492).

Vind artikels

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.

AltStyle によって変換されたページ (->オリジナル) /