23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Christelle van Tonder

Christelle van Tonder

Volgende: -

-

KKNK2025new

Kom kuier by RSG en ATKV se Kuierkol by KKNK

Die KKNK is waarskynlik Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse familiefees, waar oud en jonk bymekaar kan kom om onder meer die Afrikaanse kunste, kultuur, toneel en musiek te vier en geniet. Feesgangers kan vanjaar vir die eerste keer uitsien na ’n geskiedkundige geleentheid wanneer die ATKV en RSG gesamentlik die Kuierkol aanbied. Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Feesgangers word uitgenooi om RSG se gewilde omroepers te ontmoet terwyl hulle heerlike versnaperings in die Kuierkol kan geniet.

KLIK HIER VIR DIE VOLLEDIGE PROGRAM.

Meer inligting by https://www.rsgplus.org/rsg-en-atkv-bied-vanjaar-1e-keer-saam-n-kuierkol-program-by-kknk-aan

RADIODRAMASKRYFKOMPETISIE

2025 RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV

Dis vanjaar die 29ste jaar wat die RSG-radiodramaskryfkompetisie aangebied word. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel, en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Klik HIER vir meer inligting.

  • Laai kompetisiereëls HIER af.
  • Laai handleiding HIER af.
  • Laai skryfwenke HIER af.
  • Laai inligting oor skryfskole HIER af.

Kompetisie-inskrywing: https://forms.gle/11n1BcXMoqitY51g6

Registreer hier vir die slypskool: https://forms.gle/hcig775UUfQ6jjtE8

Sondag: 07:10 - 08:00

Ds. Carel van der Merwe van Worcester gesels oor sy reis van plaasbestuurder tot diensleraar. Skrywer Ilse Roux gesels oor die Bybelse vas. Ds. Juanita Greyvenstein van die Kruger Wildtuin-gemeente vertel van hulle omgewing.

Sondag: 10:05 - 10:30

In die aanloop tot die feesvierings om Afrikaans se 100-jarige bestaan as amptelike taal te vier, val die fokus op ‘n projek oor vroeë gesproke Afrikaans, en die tekste van die jare 1820 en verder. Die vryskutakteur, Zach Botha, vertel vir Ina Strydom waar die belangstelling vandaan kom, en wat die projek behels.

Sondag: 10:30 - 11:00

Het jy geweet dat voëls tande gehad het? Hoekom het hulle die tande verloor, en opgeëindig met ‘n snawel Waar kom kleremotte vandaan? Hoe kan mens ontslae raak van hulle sonder om naftaleen te gebruik?

Sondag: 11:05 - 11:30

Dr. Hanri Kriel praat oor die impak van Miller-sindroom op die mens en sy ongewing. Sy vertel van die uitsluiting wat betrokkenes ervaar, en hoe sy steeds aanhou om haar plek vol te staan. Ons hoor ook van ‘n passievolle vrywilliger wat, ná 35 jaar, vertel van haar ervarings, bydrae en fondsinsamelingsprojekte vir ‘n projek wat al oor die 60 jaar oud is.

Sondag: 11:30 - 12:00

Jody Hendricks praat met arbeidskenner Chris Marias oor die bestuur van geestesgesondheidsbeleid in die werksplek. Wat is die verantwoordelikhede van werknemers en werkgewers?

Sondag: 18:10 - 18:30

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die impak van kunsmatige intelligensie op leer en assessering. Hoe beïnvloed kunsmatige intelligensie die manier waarop ons vrae vra?

Sondag: 19:00 - 19:30

Hoe goed of sleg is die koms van kunsmatige intelligensie vir die Kerk in sy opleiding en bedieninge?

Sondag: 19:30 - 20:00

Nadat Lafras Smit ons vertel het van die hoogtepunte wat die April-nagte vir ons inhou, beantwoord ons ’n opvolgvraag oor wentelbane; ons kyk hoe Saturnus skielik 128 nuwe mane bygekry het; en gesels oor ’n onlangse sonsverduistering, gesien vanaf die maan, deur die Blue Ghost-maantuig.

Sondag: 21:10 - 23:00

Luister na items uit Die Barbier van Siviglia van Rossini, Idomeneo en Die Huwelik van Figaro van Mozart, Mignon van Thomas, Die Pêrelvissers van Bizet, Der Freischütz en Oberon van Weber en Die Meistersinger von Nürnberg van Wagner. Van die sangers is Jonas Kaufmann, Beniamino Gigli, Kathleen Battle, Renee Fleming en Andreas Schmidt.

Fliekrubriek

the-white-lotus3-1

The White Lotus Seisoen 3 (Reeks)

7/10
Baie tonele bied veel vir die voyeur of afloerder, want dié groep mense wat in Thailand op ‘n eiland…
the-gorge-1

The Gorge

8/10
Die lekkerste ding van resensies skryf, is onverwagse pannekoeke soos THE GORGE. Twee sluipskutters, die gesaghebbende, vreeslose en aantreklike…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte